Pryse vir landbou-kommoditeite sal styg

Ten spyte van die reën in sekere gebiede lyk dinge maar nog steeds droewig vir boere in Suider-Afrika. Daar word voorspel dat die beskikbaarheid van mielies en lusern verder gaan daal wat nie belowend is vir die land nie. Wallie Roux, plaaslike landboukundige het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat. Hy sê pryse sal styg.