Zuma se kandidatuur in MK in die hof, uitspraak vandag

Die Verkiesingskommissie in Suid-Afrika sê voormalige president Jacob Zuma kan nie die uMkhonto we Sizwe-party in die komende verkiesing verteenwoordig nie en is gediskwalifiseer vir ‘n setel in die Nasionale Vergadering. Ondanks die reënweer, toon talle MK-partylede solidariteit met hulle leier terwyl die party Zuma se diskwalifikasie in die Verkiesingshof se sitting in die Hooggeregshof in Johannesburg beveg. Die OVK se regsverteenwoordiger, Tembeka Ngcukaitobi, het die hof ingelig Zuma se vonnis van 15-maande geld steeds ondanks die afslag wat hy gekry het.