Forum van goewerneurs wil kwessies vinniger aanspreek

Die forum van goewerneurs-vergadering tussen Namibië en Angola het verlede week plaasgevind. Die forum is ‘n samewerkende inisiatief wat daarop gemik is om bilaterale betrekkinge te verbeter en gedeelde uitdagings aan te spreek wat gemeenskappe langs die Namibië-Angola grens raak. Gesprekke is gevoer oor ‘n reeks relevante kwessies, van ekonomiese samewerking tot veiligheid, sowel as oor-grens uitdagings en geleenthede. Die goewerneurs van die Omusati-, Oshana-, Kunene-, Ohangwena-, Kavango Oos en Wes, en Zambezi-streke en verteenwoordigers was teenwoordig, met ‘n verslag wat voor 30 April vir die Namibiese en Angolese ministers van internasionale samewerking opgestel moet word. Die goewerneur van die Ohangwena-streek, Sebastian Ndeitunga is as voorsitter verkies, met as sy adjunk Erginus Endjala, die goewerneur van die Omusati-streek. Kosmos 94.1 Nuus het met Endjala gesels oor die belangrikheid van die vergadering.