Djokovic steek Federer verby as oudste wêreld nr. 1

Tennis: Novak Djokovic is nou amptelik die wêreld se oudste nommer een op 36-jaar en 322-dae, wat Roger Federer van Switserland se rekord oortref. Die Serwiër het die posisie die eerste keer bereik in Julie 2011 toe hy 24 was. Federer het die eerste keer nommer een geword in Februarie 2004, toe hy 22 was. Rafael Nadal van Spanje was ook 22 toe hy in Augustus 2008 die topposisie bereik het. Djokovic speel dié week in die Monte Carlo-meesters, terwyl Nadal beseer is en Federer het uitgetree.