Wes-Kaap aktiveer rampreaksie te midde van stormweer

Die premier van die Wes-Kaap, Alan Winde, het die Gesamentlike Operasionale Sentrum geaktiveer om die provinsiale rampreaksie te koördineer. Die gebiede wat die swaarste getref is sluit in die Kaapse Wynland-, Overberg- en Weskusdistrikte, met die Tuinroete wat ook swaar reën verwag. Winde het bevestig Eskom is besig om krag te herstel na gebiede wat geraak is. Hy sê alle brande is onder beheer, maar baie inwoners het hulle huise verloor. Winde bevestig die provinsiale regering en sy vennote mobiliseer alle bronne om die toestande te bestuur en te verlig.