Sakereddingspraktisyn beloof deursigtige verkoop van Mango

Die sakereddingspraktisyn van Mango, Sipho Sono, beloof die deursigtige verkoop van die laekoste-lugdiens, wat deur SAL besit word. Sono verduidelik SAL sal nie wins maak uit die verkoop nie weens ‘n gebrek aan bates. Hy sê die suksesvolle bieër moet die vermoë bewys om bedrywighede weer aan die gang te kry.