Het jy al so iets beleef?

Het jy al van plekke gehoor met die naam so lank soos ‘n treinspoor wat g’n mens kan uitspreek nie. Dalk het jy al oornag in so dorp, of dit al op ‘n video gesien. Kyk net hier:

Taumatawhakatangihangakoauauotamateaturipukakapikimaungahoronukupokaiwhenuakitanatahu

Nee, dit is nie ‘n fout nie!

Hierdie 1 000-voet heuwel naby Porangahau in Nieu-Seeland hou die Guinness Wêreldrekord vir die langste pleknaam met 85 karakters.

Ander name regoor die Wêreld sluit in:

Llanfair­pwllgwyngyll­gogery­chwyrn­drobwll­llan­tysilio­gogo­goch in die Verenigde Koninkryk,

Twee­buffels­met­een­skoot­morsdood­geskiet­fontein,  ‘n plaas in Noordwes, Suid-Afrika,  Pekwachnamaykoskwaskwaypinwanik in Kanada,

Venkatanarasimharajuvaripeta in Indië  en Schmedeswurtherwesterdeich in Duitsland.