Onbetaalde skuld groei weer in 2023

Die Bank van Namibië het in sy jongste jaarverslag bekend gemaak dat lenings wat nie presteer nie ‘n totaal van 6,5 miljard Namibiese dollar aan die einde van 2023 bereik het. Die syfer is 456 miljoen dollar hoër as in 2022. Oor die algemeen behoort 51 persent van die skuld aan individue terwyl die eiendomsektor 11,8 persent uitmaak, landbou 8,4 persent en konstruksie 8,3 persent. Kosmos 94.1 Nuus doen weekliks verslag oor die mosiehofrol waar verstekvonnisse vir die skuld aangevra word en weekliks beloop die bedrae miljoene.