Presidensie: Man of vrou, maak nie saak nie, ons soek bevoegdheid

Plaaslike media plaas die klem om ‘n moontlike vroue-president met vier vroue wat vanjaar deelneem. Netumbo Nandi-Ndaitwah van Swapo, Ester Muinjangue van Nudo, en die twee onafhanklike kandidate Ally Angula en Rosa Namises se name is almal in die hoed. Die politieke ontleder Rui Tyitende sê die fokus is verkeerd. Man of vrou. Namibië het ‘n bevoegde president nodig.