Angolees vas vir ivoor, ietermagô

‘n Angolese burger sal vandag in die hof op Ohangwena verskyn na hy by die Onhuno-padblokkade gevang is in besit van een ietermagô-vel en twee olifanttande. Die 27-jarige kon geen redelike verduideliking gee vir sy besit van die produkte nie en is met die onwettige handel in wildprodukte aangekla. Die smokkelary van diere-produkte duur onverpoosd voort en owerhede het reuse-uitdagings met sindikate wat na bewering betrokke is.