Boere beset plaas net buite Gobabis

‘n Groep boere wat in die munisipale gebied van Gobabis onwettig vee aangehou het en vir ‘n geruime tyd gestry het met die munisipaliteit, het plaas Witsand, ongeveer 130 kilometer wes van Gobabis onwettig beset. Die plaas lê reeds vier jaar braak en is deur die regering gekoop om gerepatrieerde Namibiërs vanuit Botswana te hervestig. Die groep het oor die naweek hulle vee soontoe verskuif en sê landbouminister Calle Schlettwein en goewerneur Pijoo Nganate moet hulle kom sien. Daar word verwag nog boere sal in die komende dae by hulle aansluit.