Meatco het geen verskoning nie
‘n Ekonoom het gereageer op aanmerkings deur die voorsitter van die Lewendehawe Produsente Organisasie Jako van Wyk wat waarsku dat Meatco vanjaar sy staal moet wys andersins is ’n groot krisis op pad, veral opgemeet teen die agtergrond van toenemende bemarking weens die droogte. Van Wyk meen dat dit ondenkbaar is dat ’n instansie soos Meatco afhanklik moet wees van die regering vir sy voortbestaan. Kosmos 94.1 Nuus het met plaaslike ekonoom Gabriel Erastus gepraat wat kommentaar gelewer het op die saak. Hy sê daar is geen verskoning vir Meatco nie.