Misdrywe met luiperdjag bly in die nuus…
Misdrywe in die jag van luiperds is blykbaar volop, en ‘n uitgebreide ondersoek hierna is van stapel gestuur. Die ongerymdhede sluit in nagjag en luiperds wat met honde gejag word. Volgens plaaslike berigte is verskeie jaggidse reeds in hegtenis geneem. Daar is kommer veral omdat daar druk van Europa is om nie jagtrofeë in te voer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die grootwildjagter Jofie Lamprecht van Jofie Lamprecht Safaris gepraat, wat meer verduidelik.