Nieu-Seeland versterk sy visumprogram

Nieu-Seeland het aangekondig hy maak onmiddellike veranderinge aan sy indiensnemings-visumprogram ná ‘n rekordmigrasie verlede jaar wat nie volhoubaar is nie. Die veranderinge sluit maatreëls in soos die instelling van Engelse taalvereistes vir werksgeleenthede met lae vaardighede en ‘n minimum drempel vir vaardighede en werkservaring. Die maksimum aaneenlopende verblyf vir die meeste lae geskoolde rolle sal ook vanaf vyf jaar na drie jaar verminder word. Die regering wil daarop fokus om migrante in die sekondêre onderwyser-sektor te lok maar terselfdertyd ook verseker dat Nieu-Seelanders aan die voorpunt van werk geplaas word waar daar geen vaardigheidstekorte is nie. In 2023 het ‘n rekord 173 000 mense na Nieu-Seeland gemigreer. Die buurland Australië, wat ook ‘n groot sprong in migrante gesien het, wil sy migrante-inname oor die volgende 2 jaar halveer.