Wêreldgesondheidsdag onderstreep reg tot sorg

Die tema van Wêreldgesondheidsdag vandag, ‘My Gesondheid, my Reg’ onderstreep toenemende bedreigings vir globale gesondheidsregte. Terwyl 140 lande gesondheid erken as ‘n mensereg, verhinder onvoldoende wetgewing toegang tot noodsaaklike dienste. Wêreldwyd het 4,5-miljard mense nie lewensbelangrike gesondheidsdekking nie, wat vererger word deur ongebreidelde lugbesoedeling wat elke vyf sekondes ‘n lewe eis. Die Wêreldgesondheidsorganisasie moedig universele toegang aan tot gehalte gesondheidsorg, onderwys, skoon lug, veilige water, voeding, regverdige arbeidsomstandighede en vryheid van diskriminasie om almal se gesondheidregte te beskerm.