One Health poog ‘n holistiese bendering vir mens, dier en die omgewing

In ‘n poging om die komplekse wisselwerking tussen mens-, dier- en omgewingsgesondheid aan te pak, is ‘n inisiatief bekend as One Health amptelik van stapel gestuur. Hierdie geïntegreerde en verenigende benadering het ten doel om die gesondheid van mense, diere en die omgewing te optimaliseer, wat ‘n belangrike mylpaal is in globale gesondheidstrategieë. Die hoof van Unam Cares, dr. Rachel Freeman het ‘n kort oorsig gegee van hoe die projek tot stand gekom het.