Israel teiken Hezbollah vroegoggend

Israelse aanvalle het teen dagbreek vanoggend Libanon geteiken, waar Hezbollah sterk teenwoordig is. ‘n Bron ná aan die groep wat deur Iran gesteun word het aan AFP gesê, die teikens was twee gebiede in die Bekaavallei, naamlik Janta, ‘n bergagtige gebied naby die grens met Sirië, en Sifri, in die middel van die vallei. Die aanvalle volg op Hezbollah se aankondiging gister dat hy ‘n Israelse Hermes 450-hommeltuig oor Libanese gebied afgeskiet het, en herbevestiging dat sy aanvalle eers sal stop wanneer die oorlog in Gaza eindig.