Cheetahs kom nie die mas op nie

‘n Terugveg-poging van die Cheetahs het net-net tekort geskiet toe die Franse span Clermont hulle met 27-22 uit die Uitdaagbeker geboender het in hulle laaste-16 kragmeting in die Stade Marcel Michelin. Dit was moontlik die laaste wedstryd van die uittredende Springbokster Ruan Pienaar, wat laat in die wedstryd ‘n deurslaggewende fout gemaak het wat sy span se kanse op ‘n oorwinning gekelder het. In Treviso in Italië is die Leeus ook gisteraand uit die Uitdaagbeker geskop toe Benetton hulle met 27-17 geklop het.