Stormers verloor net-net teen La Rochelle
Ondanks beserings onder die voorspelers van die Stormers, was dit net ‘n mislukte doelskop deur Manie Libbock op die nippertjie in hulle Kampioenebekerwedstryd in Kaapstad teen die titelhouers, La Rochelle, wat die Franse span laat deurdring het, met ‘n enkele punt. Die eindtelling was 22-21. Die Stormers was tot rustyd goed voor. Op Loftus Versfeld het die Bulle die Franse span Lyon met 59-19 afgeransel. Die Bulle wag nou vir die uitslag van vandag se wedstryd tussen Northampton en Munster om uit te vind of hulle ‘n tuis- of weg-kwarteindwedstryd sal speel.