Zim se ZiG-geldeenheid deur goud ondersteun

Zimbabwe se sentrale bank het ‘n nuwe geldeenheid, die Zimbabwe Gold, onthul. Dit vervang die Zimbabwiese dollar om stygende inflasie teen te werk en die ekonomie te stabiliseer. Die president van die Reserwebank, John Mushaya-vanhu, het banke opdrag gegee om alle Zimbabwiese dollar-rekeninge te hernoem as ZiG-rekeninge. Hy sê die geldeenheid sal gesteun word deur buitelandse valuta en goud vir vereenvoudiging en voorspelbaarheid vir die land se finansiële stelsel: