Marktoegang vir Namibiese maatskappye onder die loep
GS1, ‘n plaaslike maatskappy wat strepieskodes verskaf, het saam met die Namibiese beleggingsraad en Team Namibië ‘n ‘ontmoet die koper-geleentheid’ in die hoofstad gehou. Daar is uitdagings vir plaaslike medium- en klein maatskappye om marktoegang te bekom en geleenthede soos die laat toe dat vervaardigers en kopers mekaar ontmoet. Team Namibia se nasionale koördineerder Caylin Jansen sê die grootste uitdaging vir plaaslike produkte is die koste. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.