Mynbou om plase – boere moet die dokumente sien

Die Namibiese Landbou-unie herinner boere daaraan dat wanneer dit kom by prospektering en mynbou op kommersiële landbougrond, is die basiese beginsel dat enige potensiële aansoeker relevante dokumentasie moet verskaf om aan te toon dat hy toestemming verkry het van die betrokke ministeries vir enige ondersoek. Boere moet kopieë van ‘n geldige eksplorasie lisensie, ‘n omgewingsimpak-studie, die omgewingsklaringsertifikaat, en toepaslike boorpermitte aanvra. Die unie maan boere om geen grondeienaars ooreenkoms te teken as die dokumente nie verskaf is nie.