Namibië voldoen aan 55% van groente-vraag
Die Namibiese Akkerbouraad sê die land het produksie van 55 persent van vraag na groente bereik. Die raad sê dit is ‘n belangrike mylpaal vir ‘n land bekend vir sy droë toestande en is bewys van die toewyding van beide kommersiële en kommunale produsente. In terme van saaiboere, kan die land, met voldoende reën 45 persent van sy landery-gewasse voorsien. Onlangse data het getoon dat Namibië in die vierde kwartaal van verlede jaar amper 340 miljoen Namibiese dollar bestee het op die invoer van akkerbou-produkte.