SA stel fase 16-beurtkrag riglyne bekend
Nersa het riglyne goedgekeur vir beurtkrag tot fase 16. Dit is ontwikkel deur ‘n kennerspaneel aangestel deur die Nasionale Gerasionaliseerde Spesifikasiesvereniging van Suid-Afrika en wil ‘n nasionale kragonderbreking of die ineenstorting van die netwerk keer. Die voorsitter van die vereniging se bestuurkomitee, Vally Padayachee, beklemtoon die belangrikheid daarvan vir netwerk-stabiliteit. Padayachee sê voldoening is verpligtend vir beide Eskom en munisipaliteite. Hy sê, terwyl hoër fases beurtkrag goedgekeur is, dui dit nie outomaties op ‘n dreigende ineenstorting nie.