VSA werkskepping vertoon baie goed in Maart
Amerikaanse indiensneming het volgens regeringsdata verlede maand baie meer gestyg as wat verwag is. Dit hou die druk vol op die Federale Reserwebank terwyl hy besluit oor wanneer om rentekoerse te begin verlaag. Die wêreld se grootste ekonomie het in Maart 303 000 werksgeleenthede bygevoeg, meer as die hersiene 270 000 van die vorige maand. Dit was baie meer as die markverwagting van ‘n toename van 200 000. Die werkloosheidskoers het in ooreenstemming met verwagtings afgeneem na 3,8 persent, van 3,9 persent in Februarie.