SA het plan vir afvalbuiteband-bestuur

Die buurland se omgewingsminister, Barbara Creecy, sê die onlangs-goedgekeurde bedryfs-afvalbuiteband-bestuursplan is ‘n belangrike stap in die stryd teen uitdagings in die sektor. Doelwitte sluit in omvattende band-insameling, kapasiteitsontwikkeling, en steun aan klein- en mediumgrootte ondernemings, gefokus op gemarinaliseerde groepe. Volgens Creecy sal samewerking tussen staat- en privaat sektore afvalband-insameling en -verwerking versterk, gemik op 100 persent herwinning en afleiding.