SA Poskantoor-afleggings is ANC se skuld: DA

Die DA sê afleggings by die Suid-Afrikaanse Poskantoor is die gevolg van die ANC se voortgesette ernstige wanbestuur van die staatsinstelling. Naastenby 4 700 werkers het tot dusver afleggingsbriewe gekry, as deel van die sakereddingsplan. Natasha Mazzone van die DA sê sedert 2014 het SAPO meer as 10 miljard Suid-Afrikaanse rand by belastingbetalers gekry.