Dis tyd vir Wika!

Die gewilde Wika-karnaval vind vanjaar weer in Windhoek plaas. Die fees is ‘n bekende Duitse tradisie en word deur baie mense in Namibië met sy diverse kulture gevier. Vanjaar se Wika-karnaval het op 4 April met die Prinzenbal afgeskop, en duur tot 14 April. Die hoogtepunt van Wika is die jaarlikse karnavaloptog in Onafhanklikheidsrylaan, waar deelnemers gretig die tradisionele “reën van lekkers” as deel van die aktiwiteite afwag. Die Wika president, Holger Mentzel, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.