Kamer van Mynwese verwelkom Langer Heinrich-heropening

Die aankondiging dat die Langer Heinrich uraanmyn sy bedrywighede hervat word wyd verwelkom. Die myn het produksie in Mei 2018 gestaak en 300 werkers is afgedank. Met die uraanprys wat onlangs begin herstel het, word die myn nou weer oopgemaak. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die uitvoerende direkteur van die Kamer van Mynwese, Veston Malango, wat sê die nuwe werkgeleenthede by Langer Heinrich sal die deure oopmaak vir werkers wat hulle werk verloor het by myne wat toegemaak het.