Sommige damme vat effe water

Sommige van die land se damme vat nog steeds water, al is dit nie baie nie. Met reën wat vir die naweek voorspel is, is daar dalk ‘n kans dat groter invloei kan plaasvind. Die Hardapdam het effe gestyg na ‘n invloei van net meer as 1,6 miljoen kubieke meter water vanaf Maandag. Die Nautedam by Keetmanshoop het byna 400 000 kubieke meter gekry, volgens NamWater se nuutste verslag. Onder die sentrale damme het effe inloop plaasgevind, met die Von Bach wat 34 000 kubieke meter gevat het en die Swakoppoort 76 000 kubieke meter. In die Ooste het die twee Viljoen-damme naby Gobabis en die Otjivero ook bietjie water gekry na reën oor die gebied.