SA begin program om werkloosheid aan te spreek

Die buurland se arbeidminister, Thulas Nxesi, sê die Werkloosheidsversekerings-arbeidsaktivering program moet nie as ‘n wonder-oplossing beskou word vir die land se werkloosheidskrisis nie. Die program het ten doel om werkskepping aan te moedig en werkloses se indiensneembaarheid te verbeter, terwyl dit ook die bedryfsdoeltreffendheid van maatskappye in nood aanhelp. Die departement het 23-miljard Suid-Afrikaanse rand toegeken aan die program, wat môre in Gauteng bekend gestel word. Nxesi sê werksgeleenthede moet in 22 sektore geskep word.