‘n Tradisionele troue en toe sterf 63 hoenders

’n Tradisionele Indiese trou-optog met luid musiek, vuurwerke, danse en ’n marsjerende blaasorkes in blink baadjies word blameer vir die dood van 63 hoenders.

Ranjit Kumar Parida sê die partytjie het met ‘n vreeslike geraas net voor midderdag by sy pluimveeplaas in die oostelike deelstaat Odisha verby beweeg.

“Ek het die groep gevra om die volume af te bring aangesien die musiek te raserig was en dat dit die hoenders bang maak, maar hulle het nie geluister nie, en die bruidegom se vriende het op my geskree,” het Parida gesê.

’n Veearts het aan Parida gesê die hoenders is aan ’n hartaanval dood, en hy het ’n polisieklag ingedien nadat die trou-organiseerders geweier het om vergoeding te betaal.

Dierkundeprofessor Suryakanta Mishra, wat ‘n boek oor dieregedrag geskryf het, het ook beaam dat harde klanke en geraas die risiko van kardiovaskulêre siekte by voëls verhoog.

“Hoenders word beheer deur ’n ritme en die natuurlike lig/donker siklus van dag en nag.

Skielike opgewondenheid of stres as gevolg van harde musiek kan hul biologiese horlosie ontwrig.

Die pluimveeboer het handdoek ingegooi nadat hy vir vergoeding wou eis na die gedoente, en besluit om die klagte terug te trek.