Katiti seëvier in hof, NIP moet N$2,5m betaal

Die voormalige hoof uitvoerende beampte van die Namibië Instituut vir Patologie, Augustinus Katiti het vanoggend ‘n oorwinning in die hoërhof behaal nadat sy voormalige werkgewer beveel is om hom net minder as 2,5 miljoen Namibiese dollar te betaal. Katiti het aanvanklik 3,8 miljoen dollar gedagvaar nadat sy dienskontrak in 2018 beëindig is. Hy is onder meer van korrupsie beskuldig. Regter Hannelie Prinsloo het ook gelas dat die instituut Katiti se regskoste moet betaal.