Dood van hulpwerkers… Israel steek iets weg…

Die voormalige Israeliese onderhandelaar met die Palestyne, Daniel Levy, sê daar ontbreek besonderhede oor die bevindinge van Israel se weermag se ondersoek na die dood van die sewe hulpwerkers van World Central Kitchen. Levy sê die beeldmateriaal is geredigeer. Hy het met Sky News gepraat.