Jerry se wet kan nie deurgevoer word nie – dit skend menseregte

Die Nasionale Vergadering het in September verlede jaar die Swapo-wetgewer Jerry Ekandjo se private lede wetsontwerp goedgekeur. Die wetsontwerp is ingestel om die term “eggenoot” te definieer en die Huwelikswet van 1961 te wysig om die erkenning van selfdegeslaghuwelike in Namibië te keer. Wyle president Hage Geingob sou die wetsontwerp onderteken of verwerp. Volgens LGBTQI-aktivis Omar van Reenen is vyf lede van die LGBTQI-gemeenskap vermoor weens die wetsontwerp wat haatmisdaad aanwakker. Die status van die wetsontwerp is nog nie bekend nie, maar reaksie word steeds ontvang. Kosmos 94.1 Nuus het met die jeugaktivis Rivaldo Kavanga gepraat, sê die wetsontwerp is ‘n growwe skending van menseregte.