Boere-unies vergader met Schlettwein oor belange tydens droogte

Die Namibiese Landbou-unie, die Namibia National Farmers’ Union en die Namibia Emerging Commercial Farmers’ Union, het besoek afgelê by landbouminister Calle Schlettwein. Die vergadering is gereël om die impak van die droogtetoestande wat in sekere gebiede steeds toeneem, te bespreek. Om hierdie rede het al drie vakbonde saamgespan om voorstelle met die minister te bespreek. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Tanja Dahl, die woordvoerder van die landbou-unie, wat ‘n oorsig gee van wat die besprekings ingesluit het…