Bielie van ‘n mosiehof-rol vanoggend, 82 egskeidings Maandag

Daar was ‘n totaal van 114 aansoeke om verstekvonnisse in die mosiehof vanoggend waarvan 13 op die reël 108 aansoeke was. Kommersiële bank het 61 van die aansoeke voor regters Esi Schimming-Chase en Beatrix de Jager gebring. Die banke eis 32 eiendomme ter waarde van 39,6 miljoen Namibiese dollar terug. Daar is ook 27 onbetaalde lenings met ‘n skuldlas van 13,8 miljoen dollar en twee voertuie moet terugbesorg word. In Maandag se sessie hanteer regter Herman Oosthuizen 82 onverdedigde egskeidings.