Nie Nampol, nog staatsdiens, kan werkverskaffer wees nie

Die polisiemag word as ‘n werkgewer in die land geag en daar is aangekondig dat daar vanjaar nog 1 700 kadette aangestel sal word. Maar, daar is ook kommer in die mag omdat hy sukkel om sy personeel te behou. Kosmos 94.1 Nuus het met Tim Parkhouse, die voormalige sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging, gepraat wat sê om die mag, of die staatsdiens te gebruik is nie ‘n volhoubare model nie. Hy verduidelik.