Omaheke-leiers kritiseer nuwe grondhervorming beleid

Leiers in die Omaheke-streek het die grondhervorming ministerie aangeraai om die kwalifiseringskriteria vir hervestiging in die Hervestigingsbeleid te hersien, en het die bestaande kriteria verwerp. Hulle is van mening dat die kriteria nie daarin slaag om die dringende behoefte aan hervestiging vir landboudoeleindes aan te spreek nie. Iganatius Kariseb, raadslid van die Kalahari-kiesafdeling, sê hoewel die beleid deur die kabinet aanvaar is, spreek dit nie die kwessie van omheinde grond aan wat steeds kwesbare groepe in die streek sal raak nie. Hy sê die streek sit met oorvol hervestigings-boerderygemeenskappe op baie beperkte boerdery-eenhede op hervestigingsplase. Kariseb voeg by dat behoorlike grondadministrasie van kritieke belang is om te verhoed dat vrede en veiligheid in die land in die gedrang kom.