Saftu sê SA het ‘n korrupsiekrisis

Die vakbondfederasie Saftu sê die groeiende korrupsiekrisis in Suid-Afrika veroorsaak diepe kommer, soos uitgespel in die onlangse Korrupsiepersepsie-indeks. Corruption Watch se jongste bevindings het onthul korrupsie het 12 jaar lank hoog gebly, met meer as 2 000 klagtes verlede jaar in sektore soos mynbou, polisiëring en besigheid. Saftu-woordvoerder Trevor Shaku sê van onwettige mynbou tot omkopery in wetstoepassing, bedreig korrupsie se wydverspreide aard sosio-ekonomiese bestendigheid. Shaku vra dringende optrede om openbare vertroue te herstel in owerhede en instellings.