Noodlottige ongeluk op B1 aangemeld

’n Noodlottige ongeluk is op die B1-pad tussen Okahandja en Windhoek aangemeld. Volgens berigte het die bestuurder van ‘n Toyota-bakkie beheer oor sy voertuig verloor, wat toe met ‘n bussie gebots het wat verskeie kere gerol het. Een persoon is op die ongelukstoneel dood. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Fabian Martens, ‘n paramedikus van E.M.A., wat meer inligting gee.