Kartelle stroop renosters, sê Venaani

Die onstellende nuus dat 28 renosters sedert die begin van die jaar in Namibië gestroop is, maak nog steeds opslae. McHenry Venaani, die leier van die amptelike opposisie, die PDM, is bekommerd oor die onlangse toename in stropery. Volgens Roberto Dirkse, Venaani se woordvoerder, het intelligensie na aan Venaani alarm gemaak oor die teenwoordigheid van kartelle in die land se natuurbewaringsgebiede. Dit sluit glo Chinese burgers en senior wetstoepassingsagente in. Dirkse het met Kosmos 94.1 nuus gesels.