Staat staan nie borgtog vir Mapisa-Nqakula teë

Staatsaanklaers wil hê die korrupsiesaak teen die voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, moet na die Hooggeregshof oorgeplaas word. Mapisa-Nqakula se eerste verskyning is in die Landdroshof in Pretoria waar sy tereg staan op 12 aanklagte van korrupsie en een van geldwassery. Die staatsaanklaer, Bheki Manyathi, het bevestig die staat is nie gekant teen borgtog vir Mapisa-Nqakula nie.