Staak wapenverkope aan Israel, vra Britse regslui

Meer as 600 Britse regslui, wat drie voormalige Hooggeregshofregters insluit, het hul regering aangemoedig om wapenverkope aan Israel te staak. Hulle glo dit kan die land betrek by volksmoord in Gaza. Reuters berig die Britse eerste minister, Rishi Sunak, is onder toenemende druk om die verkope te staak nadat drie Britse burgers hierdie week saam met vier ander hulpverlenings-werkers deur Israeliese soldate vermoor is. Die regslui sê die verskaffing van militêre bystand aan Jerusalem kan ernstige oortredings van internasionale humanitêre reg daarstel.