Menzies kry redelike groot oorwinning in die hof

Hoërhofregter Eileen Rakow het toestemming aan Menzies Aviation toegestaan om getuienis met die Namibiese Lughawensmaatskappy in die hof te lei oor die vraghanteringstender by Hosea Kutako Internasionale Lughawe. Die maatskappy wil veral weet of die dokumente van Paragon, wat op die aanlynregstelsel gelaai is, dieselfde dokumente was wat Paragon Aviation, wat die tender ontvang het, ingedien het. Van die dokumente is nie onderteken nie. Een van die redes waarom Menzies se aansoek vir die tender van die hand gewys is, was omdat dokumente nie onderteken was nie. Die datum vir die getuienis sal op 16 April bepaal word.