Kom ons skenk 20 000 olifante aan Duitsland – Masisi

Botswana se president Mogweetsi Masisi blyk om sat te wees vir Europa se houding teenoor sy land se jagbeleid. Hy sê in plaas daarvan dat Duitsland ‘n verbod op jagtrofeë van bewaarde spesies soos olifante verbied moet Duitsers probeer om saam met olifante te leef. Hy sê skade word aan eiendom aangerig, landerye word geplunder en mense vertrap. Dus sê hy, Botswana sal graag ‘n geskenk van 20 000 olifante aan Duitsland wil maak en voeg by dat hy nie nee vir ‘n antwoord sal aanvaar nie.