Daar word van Nampol verwag om werk te skep

Reg of verkeerd, die polisiemag word as een van die grootste werkgewers in die land geag en word na deur die regering beskou as ‘n strategie om jeugwerkloosheid te verlig. Binnelandse sake minister Albert Kawana het tydens sy begrotingsverklaring in die Nasionale Vergadering gesê die kadetkonstabels wat verlede jaar gewerf is, sal hul opleiding in Mei voltooi. ’n Bykomende 1 700 kadetkonstabels sal vanjaar gewerf word weens ’n groot aantal polisiebeamptes wat die mag verlaat.