Cyril moet versigtig vir onteienings-wetsontwerp

Die Instituut vir Rasseverhoudinge in die buurland sê hy sal aan president Cyril Ramaphosa skryf om hom teen die ongrondwetlikheid van die Onteieningswetsontwerp te waarsku en hom aan te spoor om dit nie te onderteken en bekragtig nie. Die wetsontwerp, wat onlangs in die Parlement aanvaar is, maak voorsiening vir die onteiening van grond vir openbare doeleindes in die openbare belang. Die instituut se veldtogbestuurder, Makone Maja, sê as die wetsontwerp bekragtig word, sal dit eiendomsreg skaad en aansienlik verswak: