Bedrog amper daagliks in 2023 aangemeld

Daar was ‘n totaal van 357 gevalle van bedrog in 2023 in Namibië aangemeld, amper een daagliks, en verliese in die verband beloop 26,3 miljoen Namibiese dollar. Volgens die adjunk-finansminister Maureen Hinda-Mbuende het bankbedrog OTM-bedrog, elektroniese oorbetalings, krediet- en debietkaart bedrog, bedrog op mobiele toepassings en die diefstal van kontant ingesluit. Die banksektor het daarin geslaag om 4,8 miljoen dollar op te spoor. Onwettige kontantvloei na die land het 19,6 miljard dollar beloop met 4,7 miljard dollar wat die land onwettig verlaat het.