LPM se appèl vandag voor vol bank van regters

Hooggeregshof regters Dave Smuts en Theo Frank sal saam met hoofregter Peter Shivute vandag die LPM-appèl aanhoor. Die twee partyleiers Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb bring die aansoek teen die verbod van die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjavivi op hul teenwoordigheid in die parlement. Die twee is die kamer verbied na die chaos na President Hage Geingob se staatsrede op 15 April vanjaar. Seibeb en Swartbooi se regsverteenwoordigers het Dinsdag namens hulle kliënte voor die parlementêre komitee oor voorregte verskyn en daar word verwag dat die komitee binnekort sy verslag aan die parlement sal oorhandig. Vandag se appèl volg na die twee se hoërhof aansoek voor regter Kobus Miller om weer toegang tot die parlement te verkry wat in Mei vanjaar van die hand gewys is.